Dapper

Hier gaan ons weer soos 'n stukkende plaat oor en oor
Haak ons vas op die dinge wat kon wees
Haak ons vas op die dinge wat verkeerd wees
Déjà Vu se antiklimaks 'n verwoestende fenomeen
Déjà Vu se antiklimaks net die verlede in gemeen

Asseblief kan ons hierdie laat gaan
Ek is nou moeg vir die oorlog
Hoe lank gaan ek nog moet smeek
Voor ons middeldeur breek
Ek gaan my wit vlag nou laat wapper
Ek dink ons was dalk net te dapper
Ek gaan my wit vlag nou laat wapper
Ek dink ons was dalk net te dapper

Vergewe my ek het barbaars geword vir 'n tyd
Ek kry koud hier voor die verwarmer
Terwyl die land in sy moer in breek
C'est la vie, angs en trauma
Benodig ek ook 'n geweer?
C'est la vie vlam en drama
Die stad verlaat hierdie keer

Asseblief kan ons hierdie laat gaan
Ek is nou moeg vir die oorlog
Hoe lank gaan ek nog moet smeek
Voor ons middeldeur breek
Ek gaan my wit vlag nou laat wapper
Ek dink ons was dalk net te dapper
Ek gaan my wit vlag nou laat wapper
Ek dink ons was dalk net te dapper

Wie gaan eerste wees om nou jammer te sê
Wie gaan laaste wees om te erken wat ons wil hê
Wie gaan eerste wees om nou jammer te sê
Wie gaan laaste wees om te erken wat ons wil hê

Asseblief kan ons hierdie laat gaan
Ek is nou moeg vir die oorlog
Hoe lank gaan ek nog moet smeek
Voor ons middeldeur breek
Ek gaan my wit vlag nou laat wapper
Ek dink ons was dalk net te dapper
Ek gaan my wit vlag nou laat wapper
Ek dink ons was dalk net te dapper



Credits
Writer(s): Austin Hulme, Benjamin De Jager, Hein Kruger, Ruan Kruger
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link