Sonder Vrees

Is jy jonk?
Is jou hart van vuur en vonk?
Is die dinge ook vir jou te veel
Volg jy elke reël
Is daar oorlog en 'n hand om jou keel?

Is jy jonk?
Is al jou drome ook gewond?
Wil jy net soos ek ook kanse kry
Om jou te bevry
Van die vyand wat ons wil mislei?

Is jy jonk?
Is jou liefde nog gesond
Dat jy eendag ook jou toekomsvrou
In jou arms hou
In 'n huisie wat jy vir haar bou?

Hier staan ek sonder vrees
Soos dit moet wees
Het ons Vader bedoel
Saam sal ons nooit moed opgee
Want op ons knieë
Sal ons Vader Sy seën oor ons spoel

Is jy jonk?
Is jou voete vasgegrond?
Is daar vir jou ook nie 'n beter plek
Jy sal nooit hier trek
Dis jou grond, jou land, jou huis en jou kerk

Is jy jonk?
Kom daardie woorde uit jou mond?
Praat jy van hoop en liefde en geloof
Al word ons beroof
En van waardigheid en trots gestroop

Hier staan ek sonder vrees
Soos dit moet wees
Het ons Vader bedoel
Saam sal ons nooit moed opgee
Want op ons knieë
Sal ons Vader Sy seën oor ons spoel

Hou net aan Sy Woorde vas
Want dit wat is, is soos dit was
Donker dae word verbreek deur Lig
Deur Hom wat kom
Deur Hom wat kom

Hier staan ek sonder vrees
Soos dit moet wees
Het ons Vader bedoel
Saam sal ons nooit moed opgee
Want op ons knieë
Sal ons Vader ons seën

Hier staan ek sonder vrees
Soos dit moet wees
Het ons Vader bedoel
Saam sal ons nooit moed opgee
Want op ons knieë
Sal ons Vader Sy seën oor ons spoel



Credits
Writer(s): Lienjie Sothmann
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link