Jy Was Vir My Geleen (feat. Michelé Botha)

Ek is bly ek kon tyd met jou spandeer
Jy was vir my geleen
Ek waardeer die tyd wat ons gehad het

Die gevoel wat ek nou het kan ek'e nie beskryf nie
Die realiteit skop nou in jy's nie meer hier by my nie
Dit laat vir my besef ons het nie die wêreld se tyd nie
Ek's bly ons het tyd saam gespend al was dit net 'n tydjie
Die een wat my nie gejudge het en vir my raad gegee 'it
Die een wat saam my my visie oor die lewe gesien 'it
Die een wat vir my so baie soos ek vir haar gemean 'it
Ek is bly dat ek ook deel van jou lewe gewees 'it
Dit was jou tyd dis hoekom onse vader jou kom haal 'it
Jy't memories gemaak terwyl jy saam ons was op aarde
Jou tyd op aarde was so kort ek wens dat dit was langer
As ek'e tyd kon terug draai dan sal ek'e niks verander

Ek is bly ek kon tyd met jou spandeer
Jy was vir my geleen
Ek waardeer die tyd wat ons gehad het

Dit maak vir my upset net om te weet jy's nie meer daar nie
Want as ons grappe maak besef ek dat jy lag nie saam nie
Ek miss jou vreeslik maar ek promise dat ek sal nie kla nie
Dankie vir alles ek weet ek kon nie vir beter vra nie
Diep hier binne wens ek ek kan jou hier op die aarde hou
Maar ek verstaan dit is jou tyd so ek moet vir jou let go
Vir my was dit te gou
Ten minste weet ek nou
Jy's in 'n plek waar ons hemelse vader vir jou vashou
Dit was jou tyd dis hoekom onse vader jou kom haal 'it
Jy't memories gemaak terwyl jy saam ons was op aarde
Jou tyd op aarde was so kort ek wens dat dit was langer
As ek'e tyd kon terug draai dan sal ek'e niks verander

Ek is bly ek kon tyd met jou spandeer
Jy was vir my geleen
Ek waardeer die tyd wat ons gehad het

Jou lewe word gevier maar vir my sal jy altyd lewe
My guardian angel ek soek niemand anders jy's die ene
Ek sien vir jou as ek'e dink dat my lewe in een is
Dan kry ek kragte en ek staan weer op my twee bene
Jy het seker gemaak in die lewe kry ek nie seer nie
Toe jou kus sak toe dink ek dat ek gaan nie oorleef nie
Vir my was dit te gou vir goodbyes ek was nie gereed nie
Jou laaste wens gaan ek'e vat en ek'e gaan dit deur sien
Ek weet jy's weg van ons af maar jy's in 'n beter place
Ek weet jy's weg van ons af maar die memories sal bly
Ons gaan weer mekaar sien so spaar net 'n plek vir my
En wanneer dit gebeur is dit ek en jy

Ek is bly ek kon tyd met jou spandeer
Jy was vir my geleen
Ek waardeer die tyd wat ons gehad het



Credits
Writer(s): Jaun-pierre Fortuin
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link