Ver In Die Ou Kalahari

Ver in die Ou Kalahari
Daar sing die Boere so
Gee ons die Ou Kalahari
Die Ou Kalahari bo

Wyd lê die eindelose vlaktes
Kameel doring boom en sand
Eensame vreedsame wêreld,
Dit is ons Kalahari land.

Sonbesies sing in jou bosse
Die hittige son te versmaai
Rooi Afrikaner-osse
Sien jy om elke draai

Vêr in die Ou Kalahari
Tot daar in die Malopo
Gee ons die Ou Kalahari
Die ou Kalahari bo

Vêr in die Ou Kalahari
Tot daar in die Molopo
Gee ons die Ou Kalahari
Die Ou Kalahari bo.



Credits
Writer(s): Trad, Glenn Keiles
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link