Skielik Is Jy Vry

kan jy tog niks verloor nie
kan niemand jou vergeet nie.

As niemand jou bemin nie;
as niemand jou ooit raak nie,
kan niemand trou versin nie
kan niemand jou versaak nie.

Dis tog so eenvoudig:
Disjy, alleenlik jy;
en die groter sorge gaan vanself verby.
Niks om te verhaal nie;
net die vrede bly;
niks om te betaal nie
en skielik is jy vry.

As jy op niemand leun nie
hoef niemand jou te steun nie;
hoef niemand jou te dra nie.

Dis tog so eenvoudig:
Dis jy, alleenlik jy;
en die groter sorge gaan vanself verby.
Niks om te verhaal nie;
net die vrede bly;
niks om te betaal nie
en skielik is jy vry



Credits
Writer(s): Koos Plessis
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link