Oorwinningslied

Ek sien in my gees die glorie en die almag van die Heer
Die Allerhoogste wat in liefde oor sy koninkryk regeer
Hy't belowe aan die einde op die wolke kom Hy weer
Hy is Koning Hy regeer
Loof Hom, prys Hom Halleluja
Hy is Koning Hy regeer

Die Here is ons Vesting wat vir altyd sal bly staan
Hy beskerm elke mens wat in geloof na Hom toe gaan
Hy's ons Skuiling, Hy is ons Wapen,
Hy het die vyand reeds verslaan
Hy is die Rots wat ewig staan
Loof Hom, prys Hom Halleluja
Hy is die Rots wat ewig staan

Kom deel nou in ons loflied hef jou hande op na bo
Blaas basuine, slaan op dromme
En kom dans voor God se oë
Kom leef in die oorwinning van sy Woord waarin ons glo
Want sy Woord sal ewig staan
Loof Hom, prys Hom Halleluja
Sy Woord sal ewig staan
Sy Woord sal ewig staan
God se Woord sal ewig staan



Credits
Writer(s): Piet Smit
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link