Kom Praat Met My

My gees is stil; nou wil ek luister
Wat wil U hier vir my kom sê
Ek dors na water - na u fluistering in my
Om my dorre grond te seën
Met die rykdom van U reën

Sonder u stem om my te wys, Heer
Raak ek verdwaal, en ek raak bang
Hardloop verward in alle rigtings om te soek
Wat net U in my kan vul
Wat net U in my kan doen

Kom praat met my
Laat ek u gedagtes hoor
Kom praat met my
Ek is hier om te kan leer
Kom praat met my
Laat my hart verander word
Kom praat met my
Kom plant U lewenswoord in my.

Maak alles stil in my wat raas, Heer
Maak dit wat hard is sag soos klei
Vorm in my weer die ywer om te wees
Op my knieë, in vrede, Heer
Om by U, intiem, te leer

Kom praat met my
Laat ek u gedagtes hoor
Kom praat met my
Ek is hier om te kan leer
Kom praat met my
Laat my hart verander word
Kom praat met my
Kom plant U lewenswoord in my

Wys my U weë, wys my u roepstem
Laat Heer, u wil in my geskied
As ek ooit afdwaal
Laat u stem, net soos die wind
Die lewe in my blaas
En my hart se seile vul
Kom praat met my



Credits
Writer(s): Neil Büchner
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link