Wegloop

Hoekom sal ek wegloop
Uit hierdie straat van hoop
Ek weet mos wie jy is
Ek kyk weer hoe die wind waai
Deur jou hare en ek raai
Dit gaan weer reën

Jy laat my vry voel
Ek het geen twyfel
Aan die dieptes binne jou
Jy laat die kind in my onthou
Ek is 'n kind om jou
Vir altyd ek en jy

Hoekom sal ek wegloop
Van 'n man kaal en gestroop
Ek weet mos wie jy is
Ek kyk weer hoe die wind waai
Deur jou hare en ek raai
Ek is geseën

Laat die ligte maar aangaan
Ek ken mos ons straatnaam
Ek weet mos wie ons is
En as die honde begin blaf
Sal ek by jou staan, love
En jy sal staan by my

Hoekom sal ek wegloop
Uit hierdie straat van hoop
Ek weet mos wie ons is

Vir altyd ek en jy
Vir altyd ek en jy
Vir altyd ek en jy
Vir altyd ek en jy
Vir altyd ek en jy
Vir altyd ek en jy
Vir altyd ek en jy
Vir altyd ek en jy

Hoekom sal ek wegloop
Uit hierdie straat van hoop
Ek weet mos wie jy is



Credits
Writer(s): Karen Zoid, Karlien Van Jaarsveld
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link