Hartseer Freaks

Dis nie nodig om vir my te bid nie
Ek is benoud
Hoe't ek hier gekom?
My hart is te koud
Maar wie gee om?

Werklikheid is 'n lokval
Daar is iets fout
Hoe't ek hier gekom?
Leidrade lei my
In my drome 'n verdagte
My sonde bly daar agter

Hierdie is 'n lied vir die muurlelies
Dié een is vir empatie
Dié een is vir die kantlynsiel
Dié een is vir die doodgeskiet

Dié een is vir die hartseer freaks
Vir die vlak graf
Naamloos
Nommer op 'n dossier
Whoa-oh-oh-oh-oh
Almal drama
Kollektiewe trauma

Dis vir die reisigers
Vir die heidene
Die onbetwyfelde
Medeswerwendes
Medesterwendes
Aandagafleibare
Vir die alledaagse neuro-uiteenlopende
Met 'n plastieksak-valskerm
Staan op die dak
Bang ek spring af
Bang ek blok myself
Ek voel 'n fok vir myself
En ek dink ek's dom
Hoe't ek gisteraand by die huis gekom?

In my drome maak dit sin
Is dit te laat om te begin?

Hierdie is 'n lied vir die muurlelies
Dié een is vir empatie
Dié een is vir die kantlynsiel
Dié een is vir die doodgeskiet

Dié een is vir die hartseer freaks
Vir die vlak graf
Naamloos
Nommer op 'n dossier
Whoa-oh-oh-oh-oh
Almal drama
Kollektiewe trauma

Hierdie is 'n lied vir die muurlelies
Dié een is vir empatie
Dié een is vir die kantlynsiel
Dié een is vir die doodgeskiet

Dié een is vir die hartseer freaks
Vir die vlak graf
Naamloos
Nommer op 'n dossier
Whoa-oh-oh-oh-oh
Almal drama
Kollektiewe trauma

Almal drama
Kollektiewe trauma

Kollektiewe trauma



Credits
Writer(s): Francois Badenhorst, Georg Johan De Ridder, John Hunter Eddington Kennedy
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link