H2Oë

Ek het gedink ek soek die reën
Ek het gedink ek soek die see
Nie geweet ek gaan dit vind in haar oë
Ek het gedink ek soek die reën

Ek het gedink ek soek riviere
Wat loop tot in die mond
Nie geweet 'n hart kan dieper as diep
Ek het gedink ek soek die reën

Haar twee oë, as haar twee oë kyk vir my dryf my wêreld verby my
Haar twee oë, as haar twee oë vir my staar wil my hart nie bedaar nie

Sy gee my lewe sy verdrink my gewete
Met oë soos reën verhoor sy my gebede

Haar twee oë is soos water vir my waardeur haar twee oë kyk vir my
Haar twee oë is soos water vir my

Nie gedink ek soek die vloed
Het nie gedink ek soek die storm
Het nie gedink ek soek die breek van 'n wolk
Maar nou weet ek dis wat ek kort

Ek sien hoe vorm elke druppel
Oor en oor maak dit 'n rippel
Sy breek die stilte van my kalm weer en weer en weer en weer

Haar twee oë, as haar twee oë kyk vir my, dryf my wêreld verby my
Haar twee oë, as haar twee oë vir my staar wil my hart nie bedaar nie

Sy, sy gee my lewe sy verdrink my gewete
Met oë soos reën verhoor sy my gebede

Haar twee oë, as haar twee oë kyk vir my, dryf my wêreld verby my
Haar twee oë, as haar twee oë vir my staar wil my hart nie bedaar nie

Sy gee my lewe verdrink my gewete
Met oë soos reën verhoor sy my gebede

Haar twee oë is soos water vir my waardeur haar twee oë kyk vir my
Haar twee oë is soos water vir my



Credits
Writer(s): Don Kelly, Stephan Van Huyssteen, Barto Swiegers
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link