Onskuld Van 'n Kind

Het jy al ooit geleer
Hoe perspektief jou affekteer en
Hoe die dinge wat saakmaak
Langs die pad afdwaal en
En almal jaag net tyd
Almal jaag net geld maar ek is moeg om in
Hierdie muur vas te kyk

Kan ons vergewe en vergeet
Van hierdie sameleweing
Ons moet saamleef in Vrede
Ek soek die onskuld van 'n kind
Sonder om te dink hoe dit moet wees
Kan ons net streef

Het jy al ooit probeer
Om jou voorafgestelde idees te ignoreer
En die dinge wat saakmaak 'n kans te gee
Want almal jaag net tyd
En almal jaag net geld maar ons moet dieper as dit kyk
Voor dit wegraak

Kan ons vergewe en probeer
Vir hierdie samelewing
Ons moet saamleef in Vrede
Ek soek die onskuld van 'n kind
Sonder om te dink hoe dit moet wees
Kan ons net streef

Hoeveel keer sal ons nog struikel
Hoeveel keer sal ons probeer
Wanneer sal ons saamleef
Waar sal dit gebeur
Sodat ons kan streef

Kan ons vergewe en probeer
Vir hierdie samelewing
Ons moet saamleef in Vrede
Ek soek die onskuld van 'n kind
Sonder om te dink hoe dit moet wees
Kan ons net streef



Credits
Writer(s): Francois Roux, Storm Opperman
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link