Letsels

Dis my bewyse dat ek aanhou veg
Die merke is nog nie weg
Dit maak seer, maar dit maak ook sterk
Dit is 'n storie van 'n kronkelpad
Maar ek sal aanhou stap
Al gebeur wat

Mik altyd vir die sterre
Val dikwels die verderf in
Kan dit enigsins erger word
As pyn my omsingel
Berge rondom my krummel
Dis nog lank voordat ek my asem uit sal blaas

So hier is ek en al my letsels
Dis die insetsels
Die spore wat die lewe oor my lyf geloop het
Dit lyk dalk net soos ou seerplekke
Maar dit is egter
Net kneuswonde, maar nie genoeg om my uit te wis nie

Kort salf en pleisters om dit toe te maak
Seer as ek daaraan raak
Ek is gekwes, maar sal gesond raak

Die wolwe is gevaarlik
Maar ek byt terug dan bedaar dit
Hul weet nie met wie hul te doen het nie
Ek hoef nie oor te begin
Hulle noem dit ondervinding
gegooide klippe help om die mure van my paleis te bou

So hier is ek en al my letsels
Dis die insetsels
Die spore wat die lewe oor my lyf geloop het
Dit lyk dalk net soos ou seerplekke
Maar dit is egter
Net kneuswonde, maar nie genoeg om my uit te wis nie

Hier is ek en al my letsels

Credits
Writer(s): Vernon Barnard
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link