Stilbaai Se Strand

Na 20 jaar het ek gewoond geraak aan jou
Ek ken jou getye, als wat jy saam my daar hou
My pa het altyd gese
"Kom ons vat die dag op die strand
En dan loop hand-aan-hand"

Want jy weet nie wanneer jy dit weer als kan sien
Weet nie wat het ek gedoen om dit te verdien
Onthou jy nog ons foto saam
Dis nou net 'n gedagte in 'n raam

Waar die blou waters jou groet
En die rivier se mond die see ontmoet
Waar ek aan my rotse vashou
Saam help my see die rigting bou

Ek vat jou hand
Ek trap in jou spore
Ek kyk net op, maar bly steeds verlore
Deur die strale wat oor die waters skyn
Dis hier waar ek in my drome kan verdwyn

Ek vat jou hand
Ek trap in jou spore
Ek kyk weer op, maar bly steeds verlore
In die wereld hier wat my uitroep
Ek is nog nie reg om Stilbaai se strand, te groet

Hoeveel keer moet ek dit nog vra
Hoekom kan die tyd nie net hier stil staan
My ma het altyd gese
"Onthou die stofpad op die berg
Waar hy jou altyd terg"

Maar jy kyk na die goeie goed in die lyn
En dan volg jy net die regte syn
Jy moet onthou alles kom tot 'n eind
Die lewe het soms sy donnerby

Waar die blou waters jou groet
En die rivier se mond die see ontmoet
Waar ek aan my rotse vashou
Saam help my see die rigting bou

Ek vat jou hand
Ek trap in jou spore
Ek kyk net op, maar bly steeds verlore
Deur die strale wat oor die waters skyn
Dis hier waar ek in my drome kan verdwyn

Ek vat jou hand
Ek trap in jou spore
Ek kyk weer op, maar bly steeds verlore
In die wereld hier wat my uitroep
Ek is nog nie reg om Stilbaai se strand, te groet

Hier waar die kampvure jou hart se snare steek
Hier waar die wind die golwe teen die rotse breek
Hier waar die vuurwerke mooier is as in die stad
Hier waar ek als maar kan laat gaan op Stilbaai se Strand

Ek vat jou hand
Ek trap in jou spore
Ek kyk net op, maar bly steeds verlore
Deur die strale wat oor die waters skyn
Dis hier waar ek in my drome kan verdwyn

Ek vat jou hand
Ek trap in jou spore
Ek kyk weer op, maar bly steeds verlore
In die wereld hier wat my uitroep
Ek is nog nie reg om Stilbaai se strand, te groet

Ek is nog nie reg om Stilbaai se strand, te groet



Credits
Writer(s): Dwayne Griffin, Jade Storm
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link