Soos Ek Doen (feat. Abby)

Jy was my laaste eerste soen
Ek besluit nog wat ek met my hart wil doen
Want 'n vorige keer het ek te seer gekry
Toe ek te laat uitvind sy's ook lief vir my

En nou smeek ek myself
Om hier stil te bly
Want dis hier
Waar ek gaan seerkry

Ek hoop jy lê langs iemand wat jou kan liefhê, soos ek doen
Ek het alles probeer, alles gegee, maar 'it was nie genoeg nie
Ek hoop jy soen nou iemand wat jou soen, soos ek kon doen

Onthou jy ons laaste soen?
Kan jy sien wat jy aan my doen?
Is 'n bietjie liefde te veel gevra?
Ek wil hê jy moes my op jou hande dra

Ons het te lank gewag en ons gevoelens vermy
Dis net 'n droom wat oor is vir jou en my
Ons het te lank gewag en ons gevoelens vermy
Dis net 'n droom wat oor is vir jou en my

En nou smeek ek myself
Om hier stil te bly
Want dis hier
Waar ek gaan seerkry

Ek hoop jy lê langs iemand wat jou kan liefhê, soos ek doen
Ek het alles probeer, alles gegee, maar 'it was nie genoeg nie
Ek hoop jy soen nou iemand wat jou soen, soos ek kon doen
Ek het alles probeer, alles gegee, maar 'it was nie genoeg nie
Ek het alles probeer, alles gegee, maar 'it was nie genoeg nie

Kan jy vir my sê
Waar ons foute lê?
Hoe gaan ons die seer nou minder maak?
Dalk is ons nie vir mekaar gemaak
Dalk is ons nie vir mekaar gemaak

Ek hoop jy lê langs iemand wat jou kan liefhê, soos ek doen
Ek het alles probeer, alles gegee, maar 'it was nie genoeg nie
Ek hoop jy soen nou iemand wat jou soen, soos ek kon doen
Ek het alles probeer, alles gegee, maar 'it was nie genoeg nie
Ek het alles probeer, alles gegee, maar 'it was nie genoeg nie
Ek het alles probeer, alles gegee, maar 'it was nie genoeg nie

Credits
Writer(s): Abby Heyns, Bouwer Bosch
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link