Moeite Om Te Bestaan

Ek's net rockstar met middelklas beroep
Met 'n ma wat worry as ek vloek
'N kar wat petrol soek

Oop vir misinterpretasie
Jy kan my nie verbaas nie
Bang vir oordeel sonder grasie van mekaar

Jy kan my weg jaag maar ek gaan jou nie los nie
Dis moeite om te bestaan
Jy kan my weg jaag maar ek gaan jou nie los nie
Dis moeite om te bestaan
Maar dis erger
Om sonder jou
Asem te haal

Net 'n mislukking van die grondslagvase
Links en regs en kuier saam met dwase
Analoog tyd en basiese verweid in jou oë

Ek's net 'n flou fluister
'N roep in die wind
'N aangenome kind wat verdwaal

Jy kan my weg jaag maar ek gaan jou nie los nie
Dis moeite om te bestaan
Jy kan my weg jaag maar ek gaan jou nie los nie
Dis moeite om te bestaan
Maar dis erger
Om sonder jou
Asem te haal

Dwase skryf op mure en glase
Jy en van Coke was toe meer as 'n fase
Met rook in jou longe
En bloed in jou wange
Is jy okay

Is jy okay?
Is jy okay?
Is jy okay?
Is jy okay?

Want dis erger
Om sonder jou
Asem te haal



Credits
Writer(s): Kristi Steyn
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link