Die Laaste Kersfees

Hoor kinders wat in die strate speel
Sien die ligte skyn vir kersfees
Maar daar's 'n kers wat anders brand
Staan langs 'n fotoraam se rand
Die foto wys ons 'n ander tyd
Wys 'n ander jaar se kersfees
Dit lyk amper soos ons hier
Maar daardie boom is nog versier

Daar's net een ding wat kort
Dis in die spasie aan my sy
As ek sou weet dat daai laaste keersfees
Ook jou laaste was met my

Sou ek jou net 'n bietjie langer druk
Ek sou daai hand nog stywer vas hou
Ons sou die grootste kersfees boom gaan vind
En al sy ligte skyn vir jou
Ons sou jou gunsteling kos voorberei
Ek wou nog sê dat ek jou liefhet
Oh, as ek net kon weet
Dat dit die laaste kersfees was

Die geskenke lê onder die boom
Dis 'n warm somerkersfees
Maar al wat ek eintlik wil hê
Is om net weer vir jou te sê
Dat jy die rede vir my glimlag was
Ek mis jou grappe, mis jou liefde
Jy sou wil hê dat ons bly go
Die Here pas jou op daar bo

Daar's steeds een mens wat kort
Ek wens jy was nog aan my sy
As ek sou weet dat daai laaste keersfees
Ook jou laaste was met my

Sou ek jou net 'n bietjie langer druk
Ek sou daai hand nog stywer vas hou
Ons sou die grootste kersfees boom gaan vind
En al sy ligte skyn vir jou.
Ons sou jou gunsteling kos voorberei
Ek sou meer sê dat ek jou liefhet
Oh, as ek net kon weet
Dat dit die laaste kersfees was

Ons sal daai boom nogsteeds versier
Want ons weet jy is nog hier



Credits
Writer(s): Emil Paul
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link