Hey Buddy hey - Afrikaans

Hey Buddy hey
Jy maak ons baie bly
Met jou helder geel blink lyfie
En jou grote bril
As almal baie praat
Gee jy die beste raad

Piet Papegaai maak soms ' n groot lawaai
Dat ons nie goed kan hoor nie
Wagter die hond trippel bang rond
As iemand net hard langs hom praat

Hey Buddy hey
Waar gaan ons jou kry
Tussen al die klompe stories
En die lomp emosies
Waar jy, ja jy, nugter kan bly

Bob Bobbejaan wat agter die bult staan
En alles net wil deurmekaar maak
Wat van ou Koei wat in die sloot bly stoei
En net nie rigting kry nie

Hey Buddy hey
Jy maak ons baie bly
Met jou helder geel blink lyfie
En jou grote bril
As almal baie praat
Gee jy die beste raad



Credits
Writer(s): Stefaans Burden
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link