Prentjies

Laat in die aand, terwyl sy slaap
Die ligte is af, sonder gelag
Sit ek hier en ek dink aan die tyd
Hoe kom ons hier?

Ons het stories vertel
Tot laat in die aand
Somtyds stil gebly
Om die vrede te bewaar

Nou sit ek hier
En dink aan die tyd
Hoe kom ons hier?

Sy't haar klere gepak
Vir 'n ander stad
Die prentjies teen die mure
Nou net figure in my kop

Sal die liefde ons jaag
Rond en bont
Jy sit nou tans in 'n ander land
My voete nog steeds in Afrika sand

Nou sit ek hier
En ek dink aan die tyd
Hoe kom ons hier?

As die tyd ons sou leer
Sou ons altwee kon keer
Die verlede te herhaal
Vir 'n man van staal

Nog sit ek hier
En ek dink aan die tyd
Hoe kom ons hier?

Sy't haar klere gepak
Vir ander stad
Die prentjies teen die mure
Nou net figure in my kop

Sal die liefde ons jaag
Rond en bont
Sal die liefde ons jaag
Rond en bont

Gebrande sigarette
Nou in die vuur
Ons ellelange praatjies
Van korte duur

Sit ek hier
En ek wonder oor die tyd
Hoe kom ons hier?

Sy't haar klere gepak
Vir ander stad
Die prentjies teen die mure
Nou net figure in my kop

Sal die liefde ons jaag
Rond en bont



Credits
Writer(s): Hiram Koopman
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link