Nagtegaal

Ek Val verder van die son en al hoe meer
Nader aan jou atmosfeer
In jou wolke sak ek bitter saggies neer
Val dan saam die donderweer en druppels deur

Na jou toe
Vlerke oop gevou hoe-
Kom het ek tot nou toe
Sovêr weg gebly
En jou drome het my stem gehoor
'N roep van iets verlore
Nou het ek geval
Soos 'n nagtegaal
'N nagtegaal

Vou my toe
En lê my voor jou kaggel neer
Wys my hoe jy liefde gee
En hou my warm
Met jou hande en jou lyf
Jy 't gewag vir net vir my
Vir jou vir nou

Na jou toe
Vlerke oop gevou hoe-
Kom het ek tot nou toe
Sovêr weg gebly
En jou drome het my stem gehoor
'N roep van iets verlore
Nou het ek geval
Soos 'n nagtegaal
'N nagtegaal



Credits
Writer(s): Johan Oberholzer
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link