As Ek Weg Is

'n Wilde wêreld
'n Wilde land
'n Wilde taal wat my wilde vriende praat
Hoe kosbaar die lewe
Hoe fucked-up die dood
Hoe per ongeluk ons gebore word

Ek gaan jou mis as ek weg is
En die swembad sal my roep
Die voordeur sal homself sluit
Jy alleen in die gang
Soos die eerste keer
Skaam deur die voorportaal

Ek gaan jou mis as ek weg is
En die braaiplek sal my onthou
Die garage sal self toegaan
Die wind word nou aircon
Sing as jy nog kan
Voor dit te laat is

Voel as jy wen
Voel as jy verloor
Voel tot hul jou stem oor die heelal hoor
Speel vir dié wat jou lief
Speel vir dié wat haat
Speel tot jy nie meer kan praat

Ek gaan jou mis as ek weg is
En die swembad sal my roep
Die voordeur sal homself sluit
Jy alleen in die gang
Soos die eerste keer
Skaam deur die voorportaal

Ek gaan jou mis as ek weg is
En die braaiplek sal my onthou
Die garage sal self toegaan
Die wind word nou aircon
Sing as jy nog kan
Sing as jy nog kan

Saam in die verkeer
Saam op hierdie bal
Sweef deur die atmosfeer
Deur die loop van 'n geweer
Ons hardloop in sirkels rond
Hardloop weg
Rond en bont
Bang, moeg en deurmekaar
Wees net goed vir mekaar
Voor dit te laat is

Ek gaan jou mis as ek weg is
En die swembad sal my roep
Die voordeur sal homself sluit
Jy alleen in die gang
Soos die eerste keer
Skaam deur die voorportaal

Ek gaan jou mis as ek weg is
En die braaiplek sal my onthou
Die garage sal self toegaan
Die wind word nou aircon
Sing as jy nog kan
Sing as jy nog kan



Credits
Writer(s): Francois Badenhorst, Richard Kyle Onraet, Tasché Susanne Burger
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link