As en Stof

Daar was reën in die pikswart nag
Dis hoe dit geïndig het
Die silhouette van berge het my vasgehou
In hulle koue blou
Trane sit vlak in my oë
Die skree sit vlak in jou bors
My binne en my buitekant het elk 'n ander pad gevat
In verskillende rigtings en ek probeer verstaan
(ek probeer verstaan)
As en stof
Lig en vuur
Nog 'n nuwe dag
Nog 'n uur
Flymskerp
Stormsterk
Nog 'n gedig
Nog 'n muur

Wat is die lewe werd sonder jou?
Soms gebeur alles net te gou
Dis seker nou dat jy vir my sou sê
Hier sit ons nou by as en stof

Ek het gister die son sien huil
Is dit hoekom dit donker is?
Ek probeer jou verf soos wat ek jou onthou
So diep in dink
So diep in blou
Die herinneringe kleef aan my vel en ek
Ek verdwaal in my kop
Ek staan weer op dieselfde plek
Waar ek en jy geloop het
In verskillende rigtings
En ek probeer verstaan
(Ek probeer verstaan)

As en stof
Lig en vuur
Nog 'n nuwe dag
Nog 'n uur
Flymskerp
Stormsterk
Nog 'n gedig
Nog 'n muur

Wat is die lewe werd sonder jou?
Soms gebeur alles net te gou
Dis seker nou dat jy vir my sou sê
Hier sit ons nou by as en stof

Ek probeer verstaan
Ek probeer verstaan

As en stof
Lig en vuur
Nog 'n nuwe dag
Nog 'n uur
Flymskerp
Stormsterk
Nog 'n gedig
Nog 'n muur

Wat is die lewe werd sonder jou?
Soms gebeur alles net te gou
Dis seker nou dat jy vir my sou sê
Hier sit ons nou by as en stof

As en stof
As en stof



Credits
Writer(s): Esté Rabé, Lourens Rabe
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link