Mooi Griekeland

MOOI GRIEKELAND

In Griekeland is al die huisies wit en skyn die son in al die strate
Die stoele staan daar buite en om tafels praat die mense tot laat
In geel velde dans die meisies vir toeriste rooi rokkies en kaalvoet
'n Visserman stap krom verby hy glimlag mos vir almal wat hom groet

KOOR
Mooi Griekeland,
Jou helder see weerspieël die strale van die laatdag son
Mooi Griekeland in alle kleure hang blomme aan 'n klein balkon
Mooi Griekeland, jou slanke vissersbote sny daardeur die sliwer see
Mooi Griekeland, daar klink 'n sagte melodie in elke straat kafee

In Griekeland verkleur die middagson die helder lug in geel oranje
'n Bruilofspaartjie glimlag en drink op hul geluk 'n glas sjampanje
Bouzoukis elders in 'n straatkafeetjie speel vir verliefde paartjies
En later in die helder aand sak
sagte stilte neer oor die klein straatjies

KOOR
Mooi Griekeland,
Jou helder see weerspieël die strale van die laatdag son
Mooi Griekeland in alle kleure hang blomme aan 'n klein balkon
Mooi Griekeland, jou slanke vissersbote sny daardeur die sliwer see
Mooi Griekeland, daar klink 'n sagte melodie in elke straat kafee



Credits
Writer(s): Anton Goosen, P Kartner
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link