Jan

Ek het in jou vas geloop, na vyf jaar
Almal het gekuier in die ou bar
En toe's dit jy, met jou wyn
en jou cool- job, in Kaapstad
Dis jy wat so paint
en jy skilder mooi skaduwees

En jy vra vir my
"kan ek vir jou iets kry om te drink."
En jy kyk vir my
en ek voel asof jy weet wat ek dink

Ek's bly dat jy met my kom praat het
Gaan uit en maak jou verskil
Jy weet dat ek uitgelaat is
en dis die rede hoekom ek saam met jou kan chill

Ons almal vat maar wat ons kry
Daar's 'n plek vir jou en my
in die hoek tussen gister en vandag
Maak jou los, hou nou vas aan my

Al die spore van my woorde, van my woorde

Word verlore

En ons skoene keer die skerpioene
Ek stuur vir jou 'n duisend soene
Onheil steeds in my vermoede
geraamtes hang in die verlede

Ek kan onthou
Ek kan onthou
Ek kan onthou
Ek kan onthou
Ek kan onthou
Ek kan onthou
Ek kan onthou

onthou van jou

Jan, jy's 'n beautiful man, jy sal baie vêr gaan
Al is die wêreld krom en skeef, dink ek jy sal oorleef
want jy's sag maar jy's trots, onthou dit as jy kan



Credits
Writer(s): Karen Louise Zoid
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link