Alles en Niks

Ons is half vol
Ons is half leeg
Gemaskerde vreugde, verwronge leed
Veldbrand redenasies, yskoue denke
Porselein gesigte, grafsteen harte
Ons voel

Alles en niks, ons voel
Alles en niks op dieselfde tyd
Ons leef in die donkerte
Ons stook ons vure in die lig
Alles en niks
Alles en niks op dieselfde tyd

Ons oë is moeg, ons ore doof
Bring jou graaf ons grou fondasies vir ons hoop
Ons bou 'n plek waar ons weer buite saam kan speel
Grensloos, seinloos waar ons alles weer kan deel
Tot dan

Alles en niks, ons voel
Alles en niks op dieselfde tyd
Ons leef in die donkerte
Ons stook ons vure in die lig
Alles en niks
Alles en niks op dieselfde tyd

Hey mens
Ek het so lanklaas met jou gepraat
Kan jy vir my laat weet waar ek kan aanklop om vir jou jammer te sê
Dat ons so lanklaas daai gevoel kon hê
Miskien moet ons gaan na 'n plek
Waar al die dag se dinge net weer kan verdwyn
Waar ek en jy net weer kan lê
En die sterre kan sien skyn

Alles en niks
Alles en niks, ons voel
Alles en niks op dieselfde tyd
Ons leef in die donkerte
Stook ons vure in die lig
Alles en niks
Alles en niks op dieselfde tyd
Ons voel alles en niks, ons voel
Alles en niks
Op dieselfde tyd



Credits
Writer(s): Lourens Rabe,, Esta Rabe,
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link