kaal

Doer in die verte lê sy en wag
Koud in die donker, stil in die nag
By haar lê my drome ver oor die see
Diep waterstrome sleur my hart mee

'n Duisend myl kaal
Sal ek verdwaal
Om jou te kom haal

Oop sterrevelde roep binne my
Lang kronkelstrate lei my by die son verby
Na haar in die verte waar sy lê en wag
Koud in die donker, stil in die nag

'n Duisend myl kaal
Sal ek verdwaal
Om jou te kom haal

Waar hardloop jy? Is jy nog okay?
Ons liefde waai in die wind...
Die veg is verby, hoekom is dit hy
By wie jy bly my kind?

Daar lê my drome ver oor die see
Diep waterstrome sleur my hart mee
Na haar in die berge waar sy lê en wag
Koud in die donker, stil in die nag

Oop sterrevelde roep binne my
Lang kronkelstrate lei my by die son verby
Na haar in die ruimte waar sy swefend wag
Koud in die donker, stil in die nag

'n Duisend myl kaal
Sal ek verdwaal
Om jou te kom haal



Credits
Writer(s): Theo Van Der Westhuizen
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link