Jou Tyd Is Nou

Kyk 'n bietjie binnekant
Binne waar die goed en kwaad baklei
Daar waar dit 'n oorlog raak
Daar waar jy die antwoorde kan kry
Dit het al te veel gekos om dit hier te los
Ek weet dit maak soms seer
Elke wonderwerk is die moeite werd
As jy weer en weer probeer

Want hier, hier is jy nou
En die storms wat jou nie kon raak nie
En die klippe wat jou nie kon skraap nie
Hou net aan baklei
En hier, hier is jy nou
Jy's nie bang vir weer probeer nie
Daar is niks wat jou nou kan keer nie
Want ek sweer jou tyd is nou

Kyk 'n bietjie buitekant
Buite waar die mense op jou wag
Wag vir jou om op te daag
Wag vir jou om monsters te verslaan
Dit het al te veel gekos om dit hier te los
Ek weet dit maak soms seer
Elke wonderwerk is die moeite werd
As jy weer en weer probeer

Want hier, hier is jy nou
Deur die storms wat jou nie kon raak nie
En die klippe wat jou nie kon skraap nie
Hou net aan baklei
En hier, hier is jy nou
Jy's nie bang vir weer probeer nie
Daar is niks wat jou nou kan keer nie
Want ek sweer jou tyd is nou

Moet jy diep grou
Plant jou voete in die grond in
Met jou oë op tyd gefokus op jou ware nood
En hou jou gister agter jou
Los jou toekoms in Sy hande
Jy moet lewe vir die nou

Want hier, hier is jy nou
Deur die storms wat jou nie kon raak nie
En die kllippe wat jou nie kon skraap nie
Hou net aan baklei
En hier, hier is jy nou
Jy's nie bang vir weer probeer nie
Daar is niks wat jou nou kan keer nie
Want ek sweer jou tyd is nou

Jy's nie bang vir weer probeer nie
Daar is niks wat jou nou kan keer nie
Want ek sweer jou tyd is nou



Credits
Writer(s): Jo Black, Murray Lubbe, Richann Brussow
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link