Ek Was Daar - Nostalgie

Ek was daar
My lewe is gespaar
Die bosoorlog is lankal verby
Maar die herinneringe het gebly
Dit het ons sielkundig geraak
Maar ons ook sterker gemaak

Vreeslose vegters
Skaars sewentien jaar oud gewees
Maar vasberade en gedissiplineerd
Het ons die vyand gevul met vrees
Van ons makkers het nie teruggekom
Maar bly by ons in die gees

Onder 'n vlag van oranje, wit en blou
Het ons die vyand weggehou
Saamgestaan en saam geveg
Toe vat die politici dit weg
Onder die vlag van swart, geel, groen, wit, rooi en blou
Het ons hele land gevou

Nog 'n vuurwapen saluut
Nog 'n vlag driehoekig gevou
Nog 'n erewag deur soldate
Wat totsiens sê vir 'n makker
Nog 'n "jammer vir u verlies" gemompel
Nog 'n gesin in rou gedompel

Onder 'n vlag van oranje, wit en blou
Het ons die vyand weggehou
Saamgestaan en saam geveg
Toe vat die politici dit weg
Onder die vlag van swart, geel, groen, wit, rooi en blou
Het ons hele land gevou
Het ons hele land gevou

Onder 'n vlag van oranje, wit en blou
Het ons die vyand weggehou
Saamgestaan en saam geveg
Toe vat die politici dit weg
Onder die vlag van swart, geel, groen, wit, rooi en blou en blou
Het ons hele land gevou
Het ons hele land gevou

Nog 'n vuurwapen saluut
Nog 'n vlag driehoekig gevou
Nog 'n erewag deur soldate
Wat totsiens sê vir 'n makker
Nog 'n "jammer vir u verlies" gemompel
Nog 'n gesin in rou gedompel



Credits
Writer(s): Gerhardus Keen
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link