Steek Die Vure Aan

Daar's niks om te sê nie
Want gister's gevat
Ek lewe vir môre
Met die vuur in my hart
En ek voel dit brand
Die fakkel hier in my hand

Kyk my diep in die oë
Dis nou tyd om te glo
Steek die vure aan
Praat die taal wat jy liefhet
En bring almal saam
Steek die vure aan
Wees 'n baken van hoop
Wees die lig in die donker
'n nasie wat aanhou bly staan
Steek die vure aan
Steek die vure aan

Ek sal kan vergewe
Sonder verwyt
Om in vrede te lewe
Moet ons na mekaar kyk
Want ek voel dit brand
Die fakkel hier in my hand

Kyk my diep in die oë
Dis nou tyd om te glo
Steek die vure aan
Praat die taal wat jy liefhet
En bring almal saam
Steek die vure aan
Wees 'n baken van hoop
Wees die lig in die donker
'n nasie wat aanhou bly staan
Steek die vure aan
Steek die vure aan

Waar lig nie meer skyn nie
En die vlamme flou brand
Al wat dit sal vat
Is steek uit jou hand
En praat met jou hart

Kyk my diep in die oë
Dis nou tyd om te glo
Steek die vure aan
Praat die taal wat jy liefhet
En bring almal saam
Steek die vure aan
Wees 'n baken van hoop
Wees die lig in die donker
'n nasie wat aanhou bly staan
Steek die vure aan
Steek die vure aan
Steek die vure aan
Steek die vure aan



Credits
Writer(s): Johan Vorster, Bok Van Blerk, Hanna Grobler
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link