Sien jou daar

Waar is al die rastas heen
Die wat oor is, is net vel en been
Op die hoeke van die strate
Kruip hul weg in donker gate
Is hul bang vir die groot meneer
Uitgeskollie met sy haelgeweer
In sy gedagtes leeg verlate
Maak hy opspraak op jou bates

Relax 'n bietjie
Vang 'n plukkie
Vat sommer nog 'n slukkie

Wonder hoekom
Is die mens so onbeskof
Ons is almal tog gemaak van presies dieselfde stof
Wonder hoe lank
Dit sal duur en ek wonder of
Ek vir jou kan wag in fritz se bar
Sien jou daar

Waar is al die onskuld heen
Het ons ooit nog iets in gemeen
Met die mense in die middel
Wat maar elke dag moet sukkel
Lewe van die hand tot die mond
Die pap le al orals rond
Groen gemuf op stinkhoopgate
Bars die aasvoels uit hul nate

Relax 'n bietjie
Vang 'n plukkie
En vat sommer nog 'n slukkie

Wonder hoekom
Is die mens so onbeskof
Ons is almal tog gemaak van presies dieselfde stof
Wonder hoe lank
Dit sal duur en ek wonder of
Ek vir jou kan wag in fritz se bar
Wel ek sien jou daar

Relax 'n bietjie
Vang 'n plukkie
En vat sommer nog 'n slukkie

Wonder hoekom
Is die mens so onbeskof
Ons is almal tog gemaak van presies dieselfde stof
Wonder hoe lank
Dit sal duur en ek wonder of
Ek vir jou kan wag in fritz se bar
Wel ek sien jou daar

Waar is al die rastas heen
Ek wou ietsie by hulle leen
Vir die donker koue aande
As ek wag op die somermaande



Credits
Writer(s): Francois Fick
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link