By My

Die deur swaai oop, hy sê vir my:
"Aspoestertjie jy's myne
En selfs in sak en as is jou skoonheid sonder einde"
En in sy oë is ek verlore
Ek sukkel om te staan
Maar wie sou ooit kon raai dat hy sou sê dat hy sou bly

By my, vannaand
Bly by my vannaand
Voor die oggend jou hier by my kry
Sê jy sal bly vannaand
Bly by my vannaand
Die ure in die glas loop vinnig uit
En al wat ons wil hê is tyd

Maak dit saak, die aand's verby
Maar dis lank nog nie die einde
Die sprokie het toe waar geword
Kan jy glo ek is nou syne?
Die sekondewyser slaan alweer
Maar tyd is nou ons vriend
En wie sou ooit kon raai dat hy sou sê dat hy sou bly

By my, vannaand
Bly by my vannaand
Voor die oggend jou hier by my kry
Sê jy sal bly vannaand
Bly by my vannaand
Die ure in die glas loop vinnig uit
En al wat ons wil hê is tyd wat nooit uitloop nie
En liefde wat vertrou
En selfs hier in my swakheid
Sal ek aanhou klou

Jy sal bly by my
Bly by my vannaand
Voor die oggend jou hier by my kry
Jy sal bly vannaand
Bly by my vannaand
Die ure in die glas loop vinnig uit
En al wat ons wil hê is tyd



Credits
Writer(s): Riana Nel
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link