Medley

Wel my keel was droog, en dit was half laat
En ek was in 'n dameskroeg, iewers in Commissioner straat
Toe hierdie oulike meisie met 'n voël
Op haar skouer instap by die deur, ja
Sy sê vir my: "meneer, ek kom daar van Stellenbosch af"
"En hierdie voël kan sing,
La't jou ore nie gaan glo so iets kan ooit gebeur nie"
Well, ek het die meisietjie net so
Uitgekyk, en gesê: "ag, kom ou girl, save it"
Toe sy omkyk na daai voël, en sy sê vir hom
"Doen bietjie vir die ou, ou David"
Beginne daai voël te sing, en ek sla't amper neer
"Montague-e-e-e, ek drink jou Maskadel"
"Ek sittie hie' op my rusbank, my voete op die Springbokvel"
"Die Klein Karoo-oo-oo, op 'n Kannaland"
"Son steek die Langeberge aan die brand"
Dis da'm 'n lekker storie die, nê?
Wel, ek dog toe sjoe, wat 'n lekker ding
'N Man kan mos geld maak, as hierie voël dan sing
En net daar kry ek 'n bakgat idee
Ek dag hier sit ek vanaand met 'n maand se pay
En ek gaan dit alles tog maar net op bier blaas, anyway
Toe hierie aster vir my sê: "hey, byt 'n bietjie vas"
"Wag tot jy hoor hoe doen hierie voël Cora-Marie"
"Gee haar 'n roos, 'n roos vir haar"
"'n Mooi wit roos, dis al wat sy vra"
Well, ek sê: "okay, dis genoeg ou girl"
"Verseker wil ek daai voël van jou koop"
"Hoe lyk dit, maak vyf honderd rand jou beursie vol, huh?"
Wel, sy het so bietjie kopgekrap, en toe sê sy: "ja, dis oraait"
Sy gee my daai voël, en sy sê "good night"
En sy was skaar uit by daai deur, toe begin sy te hol
Wel, my glas was leeg, maar my gemoed was vol
En ek dink een van die dae is ek ryker as ou Sol
Seil daai voël skielik uit by die deur, die donkerte in
Ek sien hoe hy vlieg, en ek's woedend kwaad
Want dit "strike" my soos 'n bom, ek's vir 'n "ride" gevat
En soos hy verdwyn in die donker nag, hoor ek hom vir oulaas sing:
"O, my Stellenbosch se nonnatjie roep my, roep my na die Eike laan"
"Sy's die mooiste blom,
Wat uit die Matieland kom, sy roep my en ek moet gaan"
"O, my Stellenbosch se nonnatjie roep my, sy sê sy is lief vir my"
"Ek verlang so erg na die Pappegaaiberg, sy't gesê ek kan ha' kry"
"O, my Stellenbosch se nonnatjie roep my, roep my na die Eike laan"
"Sy's die mooiste blom,
Wat uit die Matieland kom, sy roep my en ek moet gaan"
"O, my Stellenbosch se nonnatjie roep my, sy sê sy is lief vir my"
"Ek verlang so erg na die Pappegaaiberg, sy't gesê ek kan ha' kry"



Credits
Writer(s): Leon Schuster, Robbie Wessels, Steff Kruger, Steve Hofmeyr, T. Jordaan, Traditional Arrangement (sa)
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link