Hier Is Ons

Wat sal van ons oorbly as hierdie berg op ons sal val?
Geen paaie beveel ons êrens heen nie
Wie sal ons vertrou?
Ons tyd hardloop uit
En dit nou baie kouer buite
Die voorgevoel het verdryn

Sal jy ooit kan skoon kom en die waarheid vertel?
Daar is niemand om te volg nie
Kan nooit soos hulle wees nie
Hier is ons huis vol lyke
Die oues smeek vir ons genade
Dooie water, dooie oë

Pasop
Die morestond los ʼn vuil reuk in die mond
My grootste probleem is dissipline
Want ek voel nog niks nie
Maria, bloei jou bloedrooi trane oor my uit
Net die teer en die son
Van hierdie middag gaan daar min kom

Sal jy ooit kan skoon kom en die waarheid vertel?
Daar is niemand om te volg nie
Kan noot soos hulle wees nie
Hier is ons lyke
Hier is ons



Credits
Writer(s): Wynand Johannes Myburgh, Francois Badenhorst
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link