Osbraai Op Kromdraai

Osbraai op Kromdraai, almal is daar
Van heinde en verre, kom almal saam
Die oupas en oumas, rus op die stoep
Ver in die verte, 'n jakkals wat roep
Die vure die knetter, die kinders rinkink
Tant Lenie is besig, om koffie te skink
Die son trek al water, skemer is hier
En almal tevrede, om braaivleis te vier
Want ons hou
Osbraai op Kromdraai, almal is daar
Van heinde en verre, kom almal saam
Die oupas en oumas, rus op die stoep
Ver in die verte, 'n jakkals wat roep
Oom Hansie van Gansbaai, speel die kitaar
Arme ou misvloer, die kry maar swaar
Die nooientjies staan eenkant, almal te vra
En die kêrels se antwoord, word die diepte verraai
Want ons hou
Osbraai op Kromdraai, almal is daar
Van heinde en verre, kom almal saam
Die oupas en oumas, rus op die stoep
En ver in die verte, 'n jakkals wat roep
Want ons hou
Osbraai op Kromdraai, almal is daar
Van heinde en verre, kom almal saam
Die oupas en oumas, rus op die stoep
Ver in die verte, 'n jakkals wat roep



Credits
Writer(s): Francois Hayes
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link