Stilbly

As ek oor jou moet stilbly
As ek my mond moet snoer
As ek my oë moet sluier
Omdat jy niks wil hoor
Sal alles net mooi niks wees
Sal alles net verdamp
Sal geen moment meer waarde hê
As ek niks mag sê
As ek net in my hart se hoeke
Jou naam uit mag kerf
As ek net in spierwit letters
"liefling" mag verf
Sal alles dan weer mooi wees
Sal alles nooit verdamp
Sal elke moment weer waarde hê
As ek iets mag sê
HMMMMMMM
C'est seulement toi et moi, et toi, et moi
Nous Es sólo tú y yo, y tú, y yo, nos
Ek skryf jou naam in water ek krap dit uit in sand
Ek griffel dit met 'n geel Bic pen
In die palm van jou hand
Ek vou jou toe in stilte
Ek vou jou toe in my
Die verste, diepste, liefste plek
Dis net ek en jy, en jy, ek en jy
HMMM ek en
... ek en jy



Credits
Writer(s): Karin Hougaard
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link