Botteltjie Blou (Live)

Vir 'n slang is ek nie bang nie
hulle kan nie vir my vang nie
maar vir jou, vir jou, vir jou my botteltjie blou

Skurwe hande, ek is sonder tande
en ekke, ekke woon hier teen die berg se hange
jys te rou, jys te rou, jys te rou, my botteltjie blou

maar daars 'n klip in jou hand en jy vloek en jy huil
jou oe is geel en jou vel is vuil
o vanaand steek, die honger weer soos doring draad

ek se nog n paar sente van die lee borrels
maak toe jou oe, maak oop jou gorrel
die duiwel het lankal die engeltjies omgepraat

ek se sny die brood, ek is, ek is in die nood
en ek le stukkend in die sloot
ja dis die blou, dis die blou, dis die blou wat aan jou derems so kou

en die honde blaf en ek,
net waar ek klop skree hulle voetsek
ja jys te rou, te rou, te rou my botteltjie blou

maar daars 'n klip in jou hand en jy vloek en jy huil
en jou oe is geel en jou vel is vuil
ah vanaand steek, die honger weer soos doring draad
nog n paar sente van die lee borrels
maak toe jou oe, maak oop jou gorrel
die duiwel het lankal die engeltjies omgepraat
oe-oe die duiwel het lankal die engeltjies omgepraat

My bene is pap, my broek is gelap
en ek is in die wind geklap
net vir jou, net vir jou, net vir jou my botteltjie blou

dis nog n dop en dis nog n jaar
o Here my kop is so deurmekaar
maar dis die blou, dis die blou, die blou wat aan jou derems so kou
ja dis die blou, dis die blou, dis die blou wat aan jou derems so kou



Credits
Writer(s): David Kramer
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link