N Nuwe Môre

Jy voel daar's niks meer oor
Niks meer om voor te leef
Jou hart het doodgegaan
En jy dink jy het als verloor.
Te lank het winterweer
Die mens in jou gebreek
Sy diepste seer gebring
En dis moeilik om aan te gaan

'n Nuwe môre sal weer kom
'n nuwe dag en 'n nuwe son
En al jou winters is verby
Jy is vry soos 'n kind.
So sprei jou vlerke in die wind
Want jy kan al jou drome vind
'n nuwe môre lê en wag
Sit net jou lewe in Sy Hand

Te lank het jy gesoek
As storms om jou woed
Om erens rus te vind
Vir 'n plek waar daar vrede is.
Dit wat jou hart begeer
Wil Hy vir jou kom gee
As jy net weer kan glo
In die liefde wat kom van bo

'n Nuwe môre sal weer kom
'n nuwe dag en 'n nuwe son
En al jou winters is verby
Jy is vry soos 'n kind.
So sprei jou vlerke in die wind
Want jy kan al jou drome vind
'n nuwe môre lê en wag
Sit net jou lewe in Sy Hand

'n Nuwe môre sal weer kom
'n nuwe dag en 'n nuwe son
En al jou winters is verby
Jy is vry soos 'n kind.
So sprei jou vlerke in die wind
Want jy kan al jou drome vind
'n nuwe môre lê en wag
Sit net jou lewe in Sy Hand

In Sy hand



Credits
Writer(s): Willie Joubert
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link