Somerkersfees

Welkom o stille nag van vrede
Onder die suiderkruis
Wyl stemme uit die ou verlede
Oor sterre velde ruis

Kerfees kom, Kersfees kom
Gee aan God die eer
Skenk 'n helder somer kersfees
In hierdie land, o Heer

Hoor jy hoe sag die klokke beier
In eeue-oue taal
Kyk, selfs die nagtelike swye
Vertel die ou verhaal

Kerfees kom, Kersfees kom
Gee aan God die eer
Skenk 'n helder somer kersfees
In hierdie land, o Heer

Voel jy ook nou sy warm liefde
As ons die dag gedenk
Toe Hy sy Seun aan ons gestuur het
Ons grootste Kers geskenk

Kerfees kom, Kersfees kom
Gee aan God die eer
Skenk 'n helder somer Kersfees
In hierdie land, o Heer

In hierdie land, o Heer



Credits
Writer(s): Koos Plessis
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link