Stertrap

In die kelders van die slaap
Dwaal Bloubaard. Hy volg 'n fluit
'N asemteug sonder einde of begin
Lok hom deur die stil gange uit

Verby gesigte, portrette teen 'n muur
'N gefluister in die stof
Deur name, vrouens wat hy skaars onthou
Na balkonne en terasse in sy kop

Die fluit word dun, 'n silwer slang
Glip oor die vlakte na 'n berg
En rek hom teen die naglug uit
Om tussen sterre te gaan hang

Bloubaard voel dof. Sy oë krap
Agter skerms rys die eerste lig
Hy strek hom uit, reik deur die dak
Seil dan na die sterre, trap vir trap

In die kelders van die slaap
In die kelders van die slaap



Credits
Writer(s): Henning Pieterse
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link