Graaff-Reinet (Juweel van die Karoo) (met Koba)

In die hart van ons land
In die Groot Karoo
Lê Graaff-Reinet uitgeswel
Soos 'n rondvet kambroo
Sondagsrivier het jou mooi omgesoom
En jy kan oor baie jare se skatte bly droom

En daar is ghwarrie-bos
En wildepruim
Noem-noem en granaat
Tussen soetdoring en karee
Kry 'n koedoebul sy maat

En daar is ghwarrie-bos
En wildepruim
Noem-noem en granaat
Tussen soetdoring en karee
Kry 'n koedoebul sy maat

In die hange van die Spieëlberg
En Ouberg se rant
Steek die hoogmiddagson
'n Kanniedood aan die brand
Angorabokkuddes
Kom ook soos melk oor die hang
En die jongmense jol
By Vanryneveld se plaasdam

En daar is ghwarrie-bos
En wildepruim
Noem-noem en granaat
Tussen soetdoring en karee
Kry 'n koedoebul sy maat

En daar is ghwarrie-bos
En wildepruim
Noem-noem en granaat
Tussen soetdoring en karee
Kry 'n koedoebul sy maat

Die noordwestewind
Stof spanbou se kop af
Huil deur kokers
En draf Renate net kaf
Tiekiedraai om die jare toet
Se ou wingerdstok
Woed deur Drostdy-Hof
En Knysnaklok

En daar is ghwarrie-bos
En wildepruim
Noem-noem en granaat
Tussen soetdoring en karee
Kry 'n koedoebul sy maat

En daar is ghwarrie-bos
En wildepruim
Noem-noem en granaat
Tussen soetdoring en karee
Kry 'n koedoebul sy maat

Stap ons vandag verby
'n Groen museumdeur
En vee dan 'n traan
Oor 'n outydse geur
Word gister se wa-spore
Môre se hoop
Graaff-Reinet het 'n pad
Deur ons harte kom loop

En daar is ghwarrie-bos
En wildepruim
Noem-noem en granaat
Tussen soetdoring en karee
Kry 'n koedoebul sy maat

En daar is ghwarrie-bos
En wildepruim
Noem-noem en granaat
Tussen soetdoring en karee
Kry 'n koedoebul sy maat



Credits
Writer(s): Randall Wicomb, Koba Rossouw
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link