Liefde

Ek het oral op die aarde rondgegrawe
Grawe, grawe, hande in die hare, o ja
Want ek is honger
Ek stuur 'n radiosein in jou ligruim in
Laat my weet of jy wel die boodskap kry, o ja
Want jy is myne
En jy weet wat ek soek
Jy moet my gee wat ek soek
Ek het jare lank gewag en ek
Is hier om jou finaal te kry met liefde
Ja, met liefde
O, warm liefde

Ek het al my soldate uitgestuur
Om van vêr te bespied of jy weerstand bied, o ja
Want jy is myne
Ek het 'n radarskerm op jou lyf gerig
'n satelliet hou jou dop uit die ruimte uit, o ja
Want jy is myne

En hier is jy nie veilig nie
Moordenaars loop los en daar
Is bloed in hierdie strate
Sonder liefde, sonder liefde, sonder liefde, sonder liefde

Gevaarlik, gevaarlik, gevaarlik hier
Gevaarlik, gevaarlik, gevaarlik hier
Sonder liefde
Gevaarlik, gevaarlik, gevaarlik hier
Gevaarlik, gevaarlik, gevaarlik hier
Sonder liefde
Gee meer liefde
Eet meer liefde



Credits
Writer(s): Peter M. Berk, A.g. Th. Toon Hermans
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link