Energie

Jy moet staan in jou ry
Jy moet jou hare kort sny
Jy moet altyd netjies bly
Jy moet al die pryse kry

Jy moet in 'n huisie bly
En trou en kinders kry
In jou karretjie ry-y-y-y-y
En stem vir die party

Ek sê nee dis 'n mors
Ek sê nee dis 'n mors, ja
Ek sê nee dis 'n mors
'n mors van energie

Betaal jou paaiemente
Selfs al kak jy weens die rente
Wees versigtig wat jy doen
Of jy verloor jou pensioen

Ek sê nee dis 'n mors
Ek sê nee dis 'n mors, ja
Ek sê nee dis 'n mors
'n mors van energie

O, moenie vrae vra
Oor die dinge wat jou pla
Jy moet leer om stil te bly
Jy sal 'n goue horlosie kry
Jy vind dit dalk 'n skok
Jy word lieflik opgemors

Ek sê nee dis 'n mors, ja
Ek sê nee dis 'n mors
Ek sê nee dis 'n mors
'n mors van energie

Kom ons anargie
Ons is moeg vir apatie
Ons probeer anargie
Ons soek 'n nuwe energie, ja

Energie, energie
Energie, energie
Energie, energie
Hier is te veel apatie

Energie, energie
Energie, energie
Energie, energie
Hmm, ons kry energie

Ener-, ener-, ener-, energie
Energie, energie
Energie, energie
Ons kry weer energie



Credits
Writer(s): Johannes Kerkorrel
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link