Al Hierdie Vrae

Wat maak jy as die nag korter word en die dag nader kruip
wat dink jy as my arms nog 'n rukkie jou by my wil hou
wat maak jy, wat dink jy
waar gaan jy

As Kaapstad sy liggies vir die oggend veruil
Hoe voel jy?
As ons liedjie op die radio met jou hart wil praat
Waar gaan jy? Hoe voel jy?

Al hierdie vrae draai in my kop
soos die blou truin wat nooit sal stop nie
Al in die rondte op die selfde spoor
Al hierdie vrae oor en oor
Hoe doen jy wat jy doen aan my
wat sien jy

As jy diep in die kristalbal na ons toekoms staar
wat dink jy?
Is daar 'n plekkie vir my in jou hart bewaar
wat sien jy
wat dink jy

Al hierdie vrae draai in my kop
soos die blou truin wat nooit sal stop nie
Al in die rondte op die selfde spoor
Al hierdie vrae oor en oor
Hoe doen jy wat jy doen aan my

Die engele huil oor nog 'n liefde wat ly
So vat my saam as jy weer weggaan

Al hierdie vrae draai in my kop
soos die blou truin wat nooit sal stop nie
Al in die rondte op die selfde spoor
Al hierdie vrae oor en oor
Hoe doen jy wat jy doen aan my
Hoe doen jy? wat jy doen
Hoe doen jy? wat jy doen
wat jy doen aan my



Credits
Writer(s): Visagie Stephan
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link