Noorderlig

Die hordes staar vanuit die agtergrond
Die maagd is wys
Sy waarsku hom

Ek het die nag onder die noorderlig ingedrink
Begeesterd rondgedans namate die buiteruim insink

Al wat ek soek is my horison
Sal ons moet wag vir die wederkoms
Sukkel sukkel deur waar ek is
En wat ek wil wees
Die meester het my leviete vir my voorgelees

Ek tel my dae want ek weet
Hulle gaan nog nodig kom
Ek tel my dae

Ek het die nag onder die noorderlig ingedrink
Begeesterd rondgedans namate die buiteruim insink

Al wat ek soek is my horison
Sal ons moet wag vir die wederkoms
En wat dan van al ons eiendom

Sal ons moet wag vir die wederkoms
Vir die wederkoms



Credits
Writer(s): Greff, The Kennedys, The Riders
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link