Pille Vir Kersfees

Dis snaaks hoe hierdie gebou
Sy arms om my en jou kan toevou
Terwyl die elektriese wolkkombers
Kom sweef oor die platberg
En ons veilig vashou
Om die brandstigting te aanskou

Ek soek pille vir kersfees
Vir my gekerfde senuwees
Niks wat 'n tydjie by die see nie kan genees
Maar wie soek pille vir kersfees
Hang af by wie se huis ek gaan wees
'n Pryspromosiefenomeen
So baie om voor dankbaar te wees

Alomteenwoordig
Jou naasbestaande eis
Verdraagsaamheid
Maar tree oorbodig op
In hierdie tyd van samesyn
Stralejakker, spyseniere
Bacchus en al sy vriende

Ek soek pille vir kersfees
Vir my gekerfde senuwees
Niks wat 'n tydjie by die see nie kan genees
Maar wie soek pille vir kersfees
Hang af by wie se huis ek gaan wees
'n Pryspromosiefenomeen
So baie om voor dankbaar te wees

As jou tuiste is
Waar jou hart is
Wat wil dan hier uitbreek uit my borskas uit
Geneties gelaai om te ontsnap
Die plasma wat spoeg
'n Wemelende massa te veel skade aangedoen

Ek soek pille vir kersfees
Vir my gekerfde senuwees
Niks wat 'n tydjie by die see nie kan genees
Maar wie soek pille vir kersfees
Hang af by wie se huis ek gaan wees
'n Pryspromosiefenomeen
So baie om voor dankbaar te wees

Pille vir kersfees
Vir my gekerfde senuwees
Niks wat 'n tydjie by die see nie kan genees
Maar wie soek pille vir kersfees
Hang af by wie se huis ek gaan wees
'n Pryspromosiefenomeen
So baie om voor dankbaar te wees

Pille vir kersfees
Wie soek pille vir kersfees
Pille vir kersfees
Wie soek pille vir kersfees
Pille vir kersfees
Wie soek pille vir kersfees



Credits
Writer(s): Greff, The Kennedys, The Riders
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link