Terpentyn

En ek sit alweer
By n tafel alleen
En die song wat speel
Was jou nommer een
Gedagtes van ons
Dwaal in my kop
Dit speel met my hart
En dit hou net nie op
Gee my net terpentyn
Om die verf af te was tussen jou en my
Nog n slukkie van die goeie ou wyn
Ek wil alles vergeet wat ons on beskryf
Want jy is die einde van my
Ja jy is die einde van my

En hoor jy my
Snags na jou roep
Ek skreeu in my slaap
As ek saans na jou soek
Ek wens ek kon leef en laat leef
Jou menslikheid is net te wreed
Gee my net terpentyn
Om die verf af te was tussen jou en my
Nog n slukkie van die goeie ou wyn
Ek wil alles vergeet wat ons kon beskryf
Want jy is die einde van my
Ja jy is die einde van my

En gee my net terpentyn
Of goeie wyn
Ek wil alles van jou uitvee wat jou kan beskryf
Want jy is die einde van my
Gee my net terpentyn
Om die verf af te was tussen jou en my
Nog n slukkie van daai goeie ou wyn
Ek wil alles vergeet wat jou kan beskryf
Want jy is die einde van my
Ja jy is die einde van my
Ja jy is die einde van my
Jy is die einde van my
En hier sit ek alweer by n tafel alleen
En al was jy hier
Sit ek steeds alleen



Credits
Writer(s): Christoph Kotze
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link