Al Breek Ons Gelyk

Die liefde vertrou mos vir altyd
Woorde word minder so mettertyd
Vashou aan ou goed los net verwyt
Al wat saak maak is die liefde

Jy't nog gesê ons sal bly val
Maar die opstaan en aangaan is al wat tel
Met jou aan my sy sal ons stories vertel
Van die liefde, ware liefde

Val jy ook in die donker
Vertrou jy my as jy wonder
En weet jy ek sal nooit kan opgee
Al breek ons gelyk, al breek ons gelyk

Jou glimlag vertel my nog altyd
Dat 'n sagte woord woede bedaar kry
Jy't 'n hart wat my wys hoe die liefde lyk
En van uithou leer ek by jou

Jy's 'n deel in my dag wat my hart verbly
Al loop die pad moeilik is jy by my
Daar's 'n stilte in jou wat ons altwee wys
Hoe werk die liefde, ware liefde

Val jy ook in die donker
Vertrou jy my as jy wonder
En weet jy ek sal nooit kan opgee
Al breek ons gelyk, al breek ons gelyk
Hoor jy hoe roep ek jou naam uit
Net jy voel soos ek as ons seerkry
En jy weet ek sal nooit kan opgee
Al breek ons gelyk, al breek ons gelyk

Liefde, seerkry, val en verby kyk
Kwaad word, weet dat als kan oorwin word

Val jy ook in die donker
Vertrou jy my as jy wonder
En weet jy ek sal nooit kan opgee
Al breek ons gelyk, al breek ons gelyk
Hoor jy hoe roep ek jou naam uit
Net jy voel soos ek as ons seerkry
En jy weet ek sal nooit kan opgee
Al breek ons gelyk, al breek ons gelyk

Liefde, seerkry
Liefde, seerkry



Credits
Writer(s): Johan Vorster, Karlien Van Jaarsveld
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link