Windliedjie

Waar slaap my liefde, my liefde vannag
Sterre wat wieg in die denne en winde
Sterre wat wieg en sterre wat wag
O, Waar slaap my liefde, my liefde vannag

Denneboom donker, rooipad en naglied
Naglied van diere en duistere winde
Waar slaap my liefde, wie stil sy verdriet
En sal ek my liefde, my liefde weer vinde

Winterwind lei my deur bittere nagte
Tot uit die duister ek saggies kan staar
Hoedat hy sluimer, en sluimerend my smarte
Eindelik diep in my hart laat bedaar



Credits
Writer(s): Timothy Robert Eric Butler, Laurika Rauch
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link