Moenie Laat Die Kinders Hoor Nie

Lai lai dai de dai dai dai ...

'n Gawe soldaat op die trein
Maak grappies oor oorlog
Asof 'n handgranaat en 'n landmyn
Sulke snaakse speelgoed is
Sulke snaakse speelgoed is

Moenie dat die kinders
Moenie dat die kinders
Moenie dat die kinders dit hoor nie

O, moenie dat die kinders
Moenie dat die kinders
Moenie dat die kinders hoor nie

Vandag se idealis is môre se terroris
Moenie dat die kinders hoor nie

Lai lai dai de dai dai dai ...

In die naam van Vryheid
Word 'n huis verbrand
In die naam van Reg
Word 'n mens aangerand
Die grootste geweld
Maak die grootste held -

Moenie dat die kinders hoor nie
O, moenie dat die kinders dit hoor nie
Moenie dat die kinders hoor nie

Vandag se lewe is môre se dood

Moenie dat die kinders hoor nie
O, moenie dat die kinders dit hoor nie

Lai lai dai de dai dai dai ...



Credits
Writer(s): Rosa Keet, Laurika Rauch
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link