Oorgenoeg Vir Oormôre

Gister se koerant lê langs die leftovers
Want ek kook nog soms vir twee
So ek ruk my reg en ek pak dit weg
Maar die bed voel steeds te leeg

Hulle sê vir my hou moed...
Jy sal nog iemand anders ontmoet

Maar ek het oorgenoeg vir oormôre
En selfs nog na vandag,
Het ek oorgenoeg vir oormôre
En al die dae wat wag

Gistermiddag hierdie tyd
Was dinge vir my alles omgekeer
Dis die tweede jaar wat ek jou nie hier het
En nou begin dit weer

Die klok wys tien oor twee alweer
Maar ek sal tien teen een aanbeweeg

Want ek het oorgenoeg vir oormôre
En selfs nog na vandag
Het ek oorgenoeg vir oormôre
En al die dae wat wag

Ek en jy
Het oorgenoeg vir oormôre
Die dae bewys
Ons liefde sal veel langer hou
As al my dae hier sonder jou

daars oorgenoeg vir oormôre
en selfs nog na vandag
Het ekke oorgenoeg vir oormôre
En al die dae wat wag

Oorgenoeg vir oormôre
en selfs nog na vandag
Het ek oorgenoeg vir oormôre
En al die dae wat wag

Gister se koerant lê langs die leftovers
Want ek kook nog soms vir twee...



Credits
Writer(s): Johannes Jacobus Oberholzer
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link