Skilpad in My Hangmat

Daar's 'n skilpad in my hangmat
Uitgestrek in die oggendson
Ek sien die skilpad in my hangmat
En ek wonder hoe't hy daar gekom

Sê my, skilpad in my hangmat
Hoe op aarde het jy opgeklim
Met jou kort beentjies, net soos 'n eendjie
Al die pad tot bo geklim

Ek's die skilpad in jou hangmat
En ek lê net waar ek wil
Met my verbeelding en breinkrag
Kan ek vermag net wat ek wil

Daar's 'n seeleeu in my roeiboot
Wat lê in die son en bak
Ek sien die seeleeu in my roeiboot
En ek wonder hoe't hy daar beland

Sê my, seeleeu in my roeiboot
Hoe op aarde het jy ingeklim
Met jou kort arms sonder hande
Tot binne in my boot geklim

Ek's die seeleeu in jou roeiboot
En ek lê net waar ek wil
Met my verbeelding en breinkrag
Kan ek vermag net wat ek wil

Soos 'n seeleeu sonder hande
En 'n skilpad wat kan klim
Kan jy vermag met jou verbeelding
Net wat ook al jy wil doen

Ek's die seeleeu in jou roeiboot
En ek lê net waar ek wil
Met my verbeelding en breinkrag
Kan ek vermag net wat ek wil

Ek's die skilpad in jou hangmat
En ek lê net waar ek wil
Met my verbeelding en breinkrag
Kan ek vermag net wat ek wil



Credits
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link